klipwerf orkes

Blog Single

Screenshot 2014-12-05 12.50.25

ATKV Gelukwense – Klipwerf bevorder Afrikaanse boeremusiek al vir 45j.

Datum:  Donderdag, 28 August, 2014
ATKV Gelukwense aan Klipwerforkes – bevorder Afrikaanse tradisionele musiek al vir 45 jaar.

Klipwerf het al 25 Cd-albums en 3 DVD’s die lig laat sien. Twee-en-twintig albums het al goue status bereik en 6 is met platinum bekroon.

Die orkes is reeds met ‘n ATKV-toekenning beloon vir hul bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur deur hul tradisionele Afrikaanse musiek. Hulle tree einde vanjaar as gaskunstenaars by ATKV Hartenbos op. Die Klipwerforkes se huidige lede bestaan uit Kobus Visagie en Gené van Niekerk (klawerbord), Edwin Bradley (kitaar) en Derrick Germishuys (tromme).

Op die foto wens Sakkie Kotze (ATKV) vir Kobus Visagie (orkesleier) geluk met hul besondere prestasies.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *