klipwerf orkes

‘n Blik uit ons Geskiedenis!

Ons Geskiedenis – ‘n Uittreksel:

Hentie Visagie en sy twee seuns, Johann en Kobus, en ‘n vierde lid, Nicol Louw, het saam Klipwerf Boereorkes begin in 1969. Die groep het feitlik oornag enorm populêr geword, maar het eers amper 20 jaar later hul eerste album opgeneem – in 1988. Sedert 1990 het Klipwerf Orkes ten minste een album per jaar opgeneem, en as gevolg van ons unieke styl, het die aanvraag vir optredes en opnames met rasse skrede toegeneem. Klipwerf is deesdae ‘n huishoudelike naam in Suid Afrika en selfs oorsee.
>
> Met verkope van meer as 1,2 miljoen, is Klipwerf Orkes Suid Afrika se mees suksesvolle tradisionele orkes ooit. Van ons 25 albums en drie DVDs, het 22 albums Goue status bereik, terwyl ses Platinum status behaal het.

untitled (1 of 1)

Gedurende 1969 het Hentie Visagie en sy seuns, Johann en Kobus, spontaan begin om tuis musiek te maak. Toe die plaaslike gemeenskap hiervan te hore kom het die vraag vir openbare optredes begin. Hentie en sy seuns saam met Nicol Louw het toe Kliwerf Boere Orkes begin in dieselfde jaar. Klipwerf Orkes het van krag tot krag gegaan, en toe Nicol Louw weens werkdrukte geforseer was om uit te tree, het Kobus se swaer Willem Nel oorgeneem vir ongeveer drie jaar. Hierna het Abie Lourens ingespring en was lid van die orkes vir ongeveer vyf jaar. Theunis Nel het hom vervang in 1988, dieselfde jaar toe die groep se eerste album uitgereik is. Die tweede album vir Klipwerf Orkes het die lig gesien in 1990 toe Willem Nel weer by die groep aangesluit het. Hentie Visagie het in dieselfde jaar na 22 jaar, as leier en kitaarspeler van die groep uitgetree, en hy is vervang deur Edwin Bradley. Gedurende hierdie tyd het album verkope dramaties toegeneem, en as gevolg van Klipwerf se unieke styl, het die vraag na openbare optredes landwyd toegeneem. Sedert die ontstaan van die orkes was daar slegs dertien permanente lede. Vanaf 1990 het Klipwerf Orkes ten minste een album per jaar voortgebring, en hulle poog om hierdie tradisie vol te hou in die toekoms. In 1997 het Pieter van Loggerenberg by Klipwerf Orkes aangesluit in die plek van Willem Nel. Na Pieter se afsterwe, het Gené van Niekerk en haar klawerbord by hom oorgeneem.
Na die afsterwe van Johann Visagie vroeg in 2005,  het twee baie bekwame manne by name Wernich Nagel op Dromme en Johannes van der Colff wat die kitaar slaan, by die groep aangesluit. Sover het hulle hulself baie goed van hul taak gekweid. Willie burger en Johnny Dreyer het weer by hulle oorgeneem en kwyt hulle weer baie goed van hulle taak. Die orkes se vol skedule verseker ‘n gemiddelde reisafstand van ongeveer 90 000 kilometer per jaar, wat met die Here se hulp sover ongeluksvry was. Gedurende die eerste helfte van 2000 is die een miljoen kilometer merk oorskry sedert 1990. Sedert 2000 is ons alweer sterk op pad na die twee miljoen kilometer merk! Toekennings Klipwerf Orkes het al verskeie toekennings ontvang, onder andere van; Weskus Toerisme Buro Loeriesfontein Gemeenskap OKTV Trofee – kategorie “Beste Boeremusiek 1991″ Hoe Klipwerf Sy Naam Gekry Het Klipwerf Orkes het sy naam gekry van die mense wat die groep gehuur het. Die plaas Klipwerf bestaan uit ‘n plaasskool, poskantoor en kontantwinkel. Normale plaas aktiwiteit is ook deel van die plaas. Die Visagie familie plaas – Middelwater – is naby aan die plaas Klipwerf geleë. Sowat dertig jaar gelede was die ou slinger telefone en handsentrales nog in algemene gebruik. Die destydse poskantoor het ‘n tussenstasie vir die handsentrale opgerig naby die Klipwerf plaas. Middelwater en Calvinia was ook bedien deur hierdie sentrale, dus moes enigiemand wat die groep in die hande wou kry, vra vir hierdie sentrale. Die proses om ‘n oproep te maak het ongeveer só gegaan; Eerstens moes jy die handstuk optel en dan die slinger aan die kant van die instrument draat. Die sentrale aan jou kant antwoord dan met: “Nommer asseblief”. Jy moes dan die nommer gee vir die Middelwater plaas: “Klipwerf 1121, asseblief”. Die operateur het jou dan met die tussenstasie verbind, wat jou weer op sy beurt met Middelwater se instrument verbind het. Dit is dus hoe al hoe meer mense begin vra het vir Klipwerf, en dit spontaan die groep se naam geword het.