klipwerf orkes

Biografie

 Die doel van hierdie blaaie is om jou bekend te stel aan ons musiek, geskiedenis, ons lede en gewese lede. Hentie Visagie en sy twee seuns, Johann en Kobus, en ‘n vierde lid, Nicol Louw, het saam Klipwerf Boereorkes begin in 1969. As groep het ons feitlik oornag enorm populêr geword, maar het eers amper 20 jaar later ons eerste album opgeneem – in 1988. Sedert 1990 het Klipwerf Orkes ten minste een album per jaar opgeneem, en as gevolg van ons unieke styl, het die aanvraag vir optredes en opnames met rasse skrede toegeneem. Klipwerf is deesdae ‘n huishoudelike naam in Suid Afrika en selfs oorsee. Met verkope van meer as 1,4 miljoen, is Klipwerf Orkes Suid Afrika se mees suksesvolle orkes ooit. Van ons 28 albums en drie DVDs, het 22 albums Goue status bereik, terwyl ses Platinum status gekry het. Julle moet asseblief van julle laat hoor deur die middele beskikbaar op die Kontakblad. Ons nooi jou om gerus ons webwerf te deurkruis, en om dikwels terug te kom vir nog ‘n besoek. Opgraderings en bywerkings vir ons webwerf sal van tyd tot tyd gedoen word, veral in die Albums afdeling. Die aard van die webwerf vereis nie opdatering op ‘n daaglikse basis nie, maar waar nodig sal dit so gou doenlik geskied. Opdatering sal meeste van die tyd kosmeties van aard wees. Julle moet asseblief nie huiwer om met ons in aanraking te kom as daar dinge is wat julle hier wil sien, en as die voorstel pas by wat ons probeer bereik, sal ons dit met groot graagte hier insluit. Ons het inmiddels besluit om weg te doen met die gasteboek as gevolg van ongure karakters wat lelike dinge daar opgesit het. Jammer daaroor, dit kan egter nie verhelp word nie. Al ons produkte gaan beskikbaar wees vir aankope op ITunes en gesien kan word op Youtube eersdaags. Weereens, baie welkom hier en ons vertrou dat jy die ondervinding sal geniet.
Hallo en welkom by Klipwerf Orkes se webwerf, liewe vriende.

Screenshot 2015-02-09 17.05.40

Gedurende 1969 het Hentie Visagie en sy seuns, Johann en Kobus, spontaan begin om tuis musiek te maak. Toe die plaaslike gemeenskap hiervan te hore kom het die vraag vir openbare optredes begin. Hentie en sy seuns saam met Nicol Louw het toe Kliwerf Boere Orkes begin in dieselfde jaar. Klipwerf Orkes het van krag tot krag gegaan, en toe Nicol Louw weens werkdrukte geforseer was om uit te tree, Dancershet Kobus se swaer Willem Nel oorgeneem vir ongeveer drie jaar. Hierna het Abie Lourens ingespring en was lid van die orkes vir ongeveer vyf jaar. Theunis Nel het hom vervang in 1988, dieselfde jaar toe die groep se eerste album uitgereik is. Die tweede album vir Klipwerf Orkes het die lig gesien in 1990 toe Willem Nel weer by die groep aangesluit het. Hentie Visagie het in dieselfde jaar na 22 jaar as leier van die groep uitgetree, en hy is vervang deur Edwin Bradley. Gedurende hierdie tyd het album verkope dramaties toegeneem, en as gevolg van Klipwerf se unieke styl, het die vraag na openbare optredes landwyd toegeneem. Sedert die ontstaan van die orkes was daar slegs dertien permanente lede. Vanaf 1990 het Klipwerf Orkes ten minste een album per jaar voortgebring, en hulle poog om hierdie tradisie vol te hou in die toekoms. In 1997 het Pieter van Loggerenberg by Klipwerf Orkes aangesluit in die plek van Willem Nel. Na Pieter se afsterwe, het Genè van Niekerk en haar klawerbord by hom oorgeneem. Na die afsterwe van Johann Visagie vroeg in 2005 het twee baie bekwame manne by name Wernich Nagel op Dromme en Johannes van der Colff wat die kitaar slaan, by die groep aangesluit. Sover het hulle hulself baie goed van hul taak gekweid. Twee baie goeie musikante het nadat Johannes en Wernich die orkes verlaat het by hulle oorgeneen nl. Willie Burger (kitaar) en Johnny Dreyer (DROMME). Die orkes se vol skedule verseker ‘n gemiddelde reisafstand van ongeveer 90 000 kilometer per jaar, wat met die Here se hulp sover ongeluksvry was. Gedurende die eerste helfte van 2000 is die een miljoen kilometer merk oorskry sedert 1990. Sedert 2000 is ons alweer sterk op pad na die twee miljoen kilometer merk!

Stuur aan: